Kultuur

Laerskool Muldersdrif het 'n passie vir kultuur en ons missie is om soveel leerlinge moontlik aan kultuur bloot te stel. Ons mikpunt is om 'n kultuur platvorm te skep waartydens ons leerlinge hulle talente tenvolle kan uitleef. 

Massa deelname en blootstelling is vir ons uiters belangrik sodat elke leerling hulle potensiaal kan ontdek.

Ons het 'n heerlike uur op Maandae vanaf 13:15 - 14:15.  Leerders word hier aan verskeie kultuuraktiwiteite blootgestel.


Uur vir Kultuur

Hier kry die onderwysers geleentheid om hul passie met die kinders te deel en 'n liefde vir alle kultuuraktiwiteite te kweek. Ons wil graag u as ouer versoek om u kind te ondersteun en te motiveer om deel te wees van die projek.

'n Ses weke program word gedurende die eerste kwartaal aangebied op Maandae vanaf 13:30 tot 14:30 vir Gr 1 tot 3 en 13:40 tot 14:40 vir Gr 4 tot 7. Leerders sal die geleentheid kry om in te skryf by die Kultuurklub van eie keuse. 

 

***