Nullie-Mullies

Alla mapstieks, Mullies is fantasties!

Tel: 011-662-1929 Faks: 086-668-8435

 

Algemene Inligting 2013

 

Kleuterskool:

Enige navrae, kontak asseblief gerus vir Me. Trudie Kriek

 

Skooldrag:

Nullie-Mullie drag is beskikbaar by die skool se klerewinkel, maar nie verpligtend nie. 'n T-hemp en pet word aan kleuters gegee (as deel van die R800 registrasiefooi).

 

Skooltye:

Maandag - Vrydag  8:10 - 12:45

Toesig in die oggende is vanaf 07:00 tot 14:15 op Maandag tot Donderdag beskikbaar en op Vrydae tot 13:15.  Oggendsorg is ook beskikbaar vanaf 06:30 teen 'n ekstra tarief.

 

Besigtigingstye vir nuwe ouers en maatjies:

U is welkom om ons kleuterskool te besoek tussen 11:00 en 12:00 vanaf Maandag tot Vrydag, en tussen 13:00 en 14:00 Maandag tot Donderdag. 

Kontak asseblief die kleuterskool indien u 'n afspraak sou wou maak.

 

Busdienste:

Featherbrooke en Strubensvallei busdiens is beskikbaar, soos vir die Laerskool. 

Kontak die Laerskoolkantoor vir inligting (Busvervoer).

 

Etes:

Fooie sluit nie enige etes in nie.  Elke maatjie bring sy of haar eie kospakkie, verkieslik geen soetighede. 

'n Spesiale Kleuterskool-Snoepie word gehou elke Vrydagoggend.


Gratis Aktiwiteite ingesluit by die skoolgelde:

  1. Musiek
  2. Groot-Motoriese Ontwikkeling(Marleanco)
  3. Mini-Netbal, krieket, Tennis, rugby en hokkievaardighede
  4. Gr 00: Manners for Minors
  5. Gr R: Lego

 

Addisionele Aktiwiteite beskikbaar teen 'n tarief:

  1. Skaak
  2. Playball
  3. Rugga-Kids (Rugbyvaardighede)
  4. Pottebakkery
  5. Abacus (Wiskunde ontwikkeling)
  6. Ballet 
  7. Judo
  8. Eksperimaatjies
  9. 8T20 Krieket
  10. Lego (Gr00)

 

Ander Dienste Beskibaar:

'n Kinderkinetikus, arbeidsterapeut en spraakterapeut is beskikbaar. Kontak die kleuterskool vir enige navrae.

 

Naskooldiens:

Maatjies wat naskool wil bywoon, kan so maak deur van die Laerskool se Naskoolsentrum gebruik te maak. Naskooltoesig vind by die kleuterskool plaas tot 16:45, waarna kleuters na die laerskool se naskoolsentrum geneem word. Kontak gerus Juf. Sonia.

 

***