Naskoolsentrum
Die naskoolsentrum stel hom ten doel om beskikbaar te wees vir leerders wie se ouers voldag werksaam is en nie behoorlike toesig tuis kan bied nie. Dit is vir Laerskool Muldersdrif van kardinale belang dat die sentrum leerders ondersteun met behoorlike toesig, beheer en kontrole.
Leerders word die geleentheid gebied om ná skool 'n gesonde maaltyd te geniet, buitemuurse aktiwiteite by te woon, huiswerk te doen tydens 'n studiesessie en sosiaal met maats te verkeer.
Die sentrum stel hom ten doel om 'n uitstaande diens te lewer wat voldoen aan hoë standaarde.
'n Kontrakvorm met persoonlike gegewens van elke leerder, insluitende sy graad en klasonderwyser se besonderhede, word deur die ouers geteken en op leêr geplaas.
***


