Skooldrag
Elke leerder by Mullies is in die proses om sy volle potensiaal te laat realiseer en dit te geniet binne die raamwerk van dissipline.
Die korrekte skooldrag vorm deel van hierdie dissipline en daarom versoek ons ouers om toe te sien dat die leerders ten alle tye amptelike skooldrag korrek en met trots dra.
Datums van Skooldrag: datums sal bevestig word word in die Mullie Meule en op die School Communicator.
Somer : 1ste en 4de Kwartaal (afhangende van weersomstandighede)
Winter : 2de en 3de Kwartaal (afhangende van weersomstandighede)
Somer:
Seuns - Kortmougholfhemp, Skoolkouse grys, Grys kortbroek, Sweetpakbaadjie, Skooltrui met logo, Swart skoolskoene, Breëbandhoed (pet).
Dogters - Kortmougholfhemp, Skoolkouse kort - groen, Grys culotte, Sweetpakbaadjie, Skooltrui met logo, Swart skoolskoene, Breëbandhoed (pet).
Winter:
Seuns - Langmougholfhemp, Grys langbroek, Skoolkouse grys, Sweetpakbaadjie, Sweetpakbroek, Skooltrui met logo, Dik Muldersdrif Wintersbaadjie, Muldersdrif Beanie, Muldersdrif serp, Groen Handskoene, Swart Skoolskoene met veters.
Dogters - Langmougholfhemp, Grys langbroek of grys culotte met grys skoolkouse, Sweetpakbaadjie, Sweetpakbroek, Skooltrui met logo, Dik Muldersdrif Wintersbaadjie, Muldersdrif Beanie, Muldersdrif serp, Groen Handskoene, Swart Skoolskoene sonder veters.
Sportdrag:
Leersders wat Distriks-, Provinsiale- of Nasionale kleure verwerf het, mag dit Vrydae aantrek skool-toe. Dié leerders mag dan slegs die korrekte drag, bv. sweetpak in geheel aantrek en dit geensins meng met enige ander drag nie.
LW: Bogenoemde drag SLEGS tydens 2de en 3de Kwartaal (wintersdrag)
Die leerders kan ook net die drag dra in die jaar waarin hulle die kleure verwerf het én nogsteeds aan die sport deelneem.
Indien onseker, moet die normale skooldrag soos voorgeskryf aantrek word.
Atletiek/Landloop:
Seuns - Amptelike frokkie, amptelike broek, amptelike kleefbroek, skoolsportbroek, skoolsweetpak, wit tekkies.
Dogters - Amptelike frokkie, amptelike broek, amptelike kleefbroek, skoolsportbroek, skoolsweetpak, wit tekkies.
Rugby, Netbal, Hokkie, Krieket en Tennis:
Bogenoemde sporte het amptelike drag wat in die skoolklerewinkel beskikbaar is.
Belangrike Inligting ivm Skooldrag:
Hare :
- Hare mag nie gekleur word nie.
- Hare moet netjies wees en verteenwoordigend van Laerskool Muldersdrif.
- Dogters mag slegs rooi haarbenodighede gebruik, in alle opsigte.
- Seuns mag hare gel, op voorwaarde dat dit netjies plat is en nie in enige styl wat opstaan gekam is nie.
Voorkoms:
- Geen tekkies toegelaat saam met skooldrag.
- Indien 'n leerder verkies om die skoolsweetpak gedurende die winter te dra, moet hy of sy swart skoolskoene daarby dra.
- Leerders mag in die somer kaalvoet skool toe kom.
- Grys langbroeke gaan nie deur die skoolklerewinkel in voorraad gehou word nie, aangesien dit 'n standaard item is wat ouers self kan aankoop.
- Geen wintersdrag en somersdrag mag gemeng gedra word nie.
- Die skoolsweetpak sal as Informele Drag gesien word en mag nie deur 'n leerder gedra word, sou hy/sy die skool verteenwoordig by 'n amptelike geleentheid nie, bv. by 'n sport/kultuur geleentheid.
- Leerders afkomstig van ander skole het 'n kwartaal grasie vir verandering in skooldrag.
- Sportdrag soos voorgeskryf sal beskikbaar wees in die skoolklerewinkel.
- Geen ander baadjie bv. 'n drimac mag gedra word nie. Slegs voorgeskrewe wintersbaadjie in die winter.
- Nullie-Mullie baadjie mag ook in Graad 1 gedra word indien werklik nodig.
- Graad 7 leerders mag groen Kleurbaadjies dra.
Ondersteunersdrag: Kontak Carin Lock vir bestellings.
Verskaffers van Skoolklere: Klerewinkel se pyslys soos en met Maart 2013
1. Westrandpromotions (Skoolklerewinkel, op skoolterrein in saal voorportaal)
Karen Kotzé (karen@westrandpromotions.co.za) en Tannie Meisie in die winkel
Winkelure: Maandae tot Donderdae 7:15 - 14:15
- Aankope kan slegs kontant of met bewys van elektroniese betaling gedoen word.
2. Amod & Sons
191 Commisioner Str, Krugersdorp, 1740
Tel: 0116602917
E-pos: amodsons@telkomsa.net